Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Jura | Vroeg | Hettangium | jonger | |
Trias | Laat | Rhaetium | 201,3–208,5 | |
Norium | 208,5–~228 | |||
Karnium | ~228–~235 | |||
Middel | Ladinium | ~235–~242 | ||
Anisium | ~242–247,2 | |||
Vroeg | Olenekium | 247,2–251,2 | ||
Indusium | 251,2–252,2 | |||
Perm | Lopingium | Changhsingium | ouer | |
Die verdeling van die Trias (IKS). |
Die Anisium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Trias (serie/epog Middel-Trias). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 247,2 tot 242 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Olenekium en gevolg deur die Ladinium.
Die Anisium is genoem na die rivier Anisus, die Latynse naam vir die Enns wat deur Oostenryk vloei en waar die oorspronklike tipeligging voorkom.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Chiosella timorensis en van die ammoniete Japonites, Paradanubites en Paracrochordiceras. Die bokant van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Neogondolella praehungarica, die ammoniet Eoprotrachyceras curionii en die ammonietfamilie Trachyceratidae.