Anneline Kriel | ||
Gebore | 28 Julie 1955 | |
Plek | Witbank, Suid-Afrika | |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans | |
Alma mater | Universiteit van Pretoria | |
Loopbaan | ||
Titel(s) | Mej. Suid-Afrika 1974 Mej. Wêreld 1974 | |
Haarkleur | Blond | |
Oogkleur | Groen | |
Persoonlike gegewens | ||
Gade | Sol Kerzner (1980-1985) Phillip Tucker (1989-1994) Peter Bacon | |
Kinders | Witney Tayla[1] |
Anneline Kriel (gebore 1955) is 'n Suid-Afrikaanse model, aktrise en skoonheidskoningin. Sy het in 1974 op 19-jarige ouderdom Mej. Wêreld geword nadat die Verenigde Koninkryk se Helen Morgan bedank het net vier dae ná haar kroning. Anneline was Suid-Afrika se tweede Mej. Wêreld naas Penny Coelen-Rey.
Sy het in verskeie Afrikaanse produksies gespeel,[2] asook in die internasionale rolprent Kill and Kill Again.[3]
Anneline was net 19 jaar oud toe sy Mej. Wêreld 1974 word. Dit was ’n onstuimige tyd in Suid-Afrika se geskiedenis omdat die land toenemend geboikot is. Die blonde Anneline is dus soms oorsee as die gesig van apartheid-Suid-Afrika uitgebeeld en state soos die Verenigde Koninkryk en Australië het geweier om haar te verwelkom op haar wêreldtoer as Mej. Wêreld. In Suid-Afrika is haar kroning egter deur baie positief ontvang.[4]
In 1981 het sy die pop-enkelsnit He Took Off My Romeos uitgereik.[5][6]
Anneline het grootgeword op die myndorp Witbank.[4] In Maart 1976 was sy in ’n skandaal betrokke weens naakfoto's wat uitgelek en in die Sunday Times van Suid-Afrika verskyn het. Roy Hilligenn, Mnr. Suid-Afrika van 1943, 1944, 1946 en 1976, en Mnr. Amerika van 1951, het die foto's geneem en vir R100 000 aan ’n Britse koerant verkoop. Dit het haar gewys waar sy met vakansie kaal sonbrand saam met haar destydse kêrel, Richard Loring, en Hilligenn en sy gesin.[7]
Sy het in 1980 met die hotelmagnaat Sol Kerzner getrou. Hulle is vyf jaar later geskei.[8] Sy het in Switserland die Joodse geloof aangeneem en is in 1989 met die miljoenêr-perdeteler Phil Tucker getroud.[9] Hulle het twee dogters, Tayla en Witney, gehad. Anneline het in 1994 aansoek om ’n egskeiding gedoen[10] en was in 2000 in ’n toesigstryd met Tucker gewikkel.[11]
Sy is later met Peter Bacon, ’n hoofbestuurder en voormalige protégé van Kerzner, getroud.[12]
Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1975 | Somer | ||
1978 | Someone Like You | ||
1981 | Kill and Kill Again | Kandy Kane | |
1985 | Van der Merwe PI[13] | ||
1990 | Reason to Die | Lena |
Voorafgegaan deur Shelly Latham |
Mej. Suid-Afrika 1974 |
Opgevolg deur Gail Anthony |
Voorafgegaan deur Marjorie Wallace |
Mej. Wêreld 1974 |
Opgevolg deur Wilnelia Merced |