Anthony James Beevor | |
---|---|
Gebore | 14 Desember 1946 |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Skrywer, historikus |
Sir Antony James Beevor (gebore op 14 Desember 1946) is 'n Engelse militêre geskiedkundige. Hy het verskeie gewilde historieë betreffende die Tweede Wêreldoorlog en die 20ste eeu oor die algemeen gepubliseer.
Beevor is aangestel as 'n Ridder Bachelor in die 2017 Nuwejaars-eerbewyse vir "dienste ter ondersteuning van Gewapende Magte se Professionele Ontwikkeling".[1]
Beevor is 'n Chevalier de l'Ordre des Arts et des Lettres,[2] 'n lid van die Orde van die Kruis van Terra Mariana en 'n kommandeur van die Orde van die Kroon (België).
Beevor is in Julie 2016 as 'n eregenoot van King's Kollege Londen verkies.[3] 'n Honorêre D.Litt. van die Universiteit van Bath is in 2010 aan hom toegeken,[2][4] en 'n eredoktoraat van die Universiteit van Kent is in 2004 aan hom toegeken[5]
Beevor het vir sy boek Crete: The Battle and the Resistance die Runciman-prys gewen (die prys word geadministreer deur die Anglo-Hellenistiese Liga) vir die bevordering van belangstelling in die Griekse geskiedenis en kultuur.[6]
Beevor se werk is erken met die Pritzker Militêre Museum en Biblioteek se Literatuurtoekenning vir 2014 vir sy "Lewenslange Prestasie in Militêre Geskiedskrywing". Die outeur, Tim O'Brien, (die 2013 ontvanger) het die aankondiging namens die verkiesingskomitee gemaak.[7][8] Die toekenning is vergesel van 'n kontantprys van $VSA 100,000.[9]
In Julie 2016 is die Medlicott-medalje aan Beevor toegeken vir sy dienste aan geskiedenis deur die VK-gebaseerde geskiedkundige genootskap.[10]
Beevor sit ook op die Raad van die Genootskap van Outeurs.[11]
Beevor het in totaal dertien boeke geskryf. (beide romans en nie-fiksie).
Boek | Jaar | Tipe | Gepubliseer | Ander |
---|---|---|---|---|
Violent Brink | 1975 | Roman | Eerste gepubliseer deur John Murray, Londen | |
The Faustian Pact | 1983 | Roman | Jonathan Cape, Londen | |
For Reasons of State | 1980 | Roman | Jonathan Cape, Londen | |
The Spanish Civil War | 1982 | Nie-fiksie | Eerste gepubliseer deur Orbis, Londen | ISBN 9780141001487 |
The Enchantment of Christina von Retzen | 1989 | Roman | Weidenfeld en Nicolson, Londen | |
Inside the British Army | 1990 | Nie-fiksie | Chatto en Windus, Londen | |
Crete: The Battle and the Resistance | 1991 | Nie-fiksie | John Murray, Londen | ISBN 9780140167870 |
Paris After the Liberation, 1944–1949 | 1994 | Nie-fiksie | Mede-geskryf met sy vrou, Artemis Cooper. Gewysigde uitgawe 2004 | |
Stalingrad | 1998 | Nie-fiksie | Viking Press, Londen, later deur Penguin, Londen | Vertaal in ses-en-twintig ander tale. ISBN 9780670870950 |
Berlin: The Downfall 1945 | 2002 | Nie-fiksie | Penguin, Londen | Gepubliseer as The Fall of Berlin 1945 in die VSA ISBN 9780670030415 |
The Mystery of Olga Chekhova | 2004 | Nie-fiksie | (Sien Olga Chekhova) ISBN 9780670033409 | |
The Battle for Spain: The Spanish Civil War 1936–39 | 2006 | Nie-fiksie | ISBN 9780143037651 | Spaanse uitgawe gepubliseer in 2005. ISBN 9780143037651 |
D-Day: The Battle for Normandy | 2009 | Nie-fiksie | Penguin Books, Londen | ISBN 9780670021192 |
The Second World War | 2012 | Nie-fiksie | W&N | ISBN 9780316023740 |
Ardennes 1944: Hitler's Last Gamble | 2015 | Nie-fiksie | Viking | ISBN 9780670918645 |
Arnhem: The Battle for the Bridges, 1944 | 2018 | Nie-fiksie | Viking | ISBN 9780241326763 |
Antony Beevor het verskeie boeke geredigeer, insluitende:
Hy het ook bygedra tot verskeie ander boeke, insluitende:
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Antony Beevor. |