Apiesrivier Tshwane River | |
---|---|
Stroomgebied | Gauteng |
Oorsprong | Suid van Pretoria |
Monding | Pienaarsrivier |
Koördinate: 25°10′24″S 28°6′39″O / 25.17333°S 28.11083°O |
Die Apiesrivier is 'n rivier in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is 'n sytak van die Pienaarsrivier. Sommige dele van hierdie rivier staan bekend as die Tshwanerivier.
Die rivier ontspring suid van Pretoria en vloei noordwaarts deur die stadskern. Noord van die woonbuurt Sunnyside sluit die Walkerspruit van regs by die Apies aan, die rivier is hier hoofsaaklik gekanaliseer met beton, sodat dit min oorhou van die oorspronklike natuurlike rivierloop. Dit vloei verder wes deur die Nasionale Dieretuin se perseel, deur die Wonderboompoort en noord tot in die Bon Accorddam noord van Pretoria. Vandaar vloei dit steeds noord, en naby Makapanstad sluit die Apiesrivier van links aan by die Pienaarsrivier; saam vloei hul daarna weswaarts tot in die Klipvoordam in.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |