| |||||
Nasionale leuse: حرية ديمقراطية وحدة (Arabies) Libertad, Democracia, Unidad (Spaans) (Afrikaans: "Vryheid, Demokrasie, Eenheid") | |||||
Volkslied: Yā Banīy As-Saharā (Arabies) ¡O hijos del Sáhara! (Spaans) (Afrikaans: "O seuns van die Sahara") | |||||
![]() | |||||
Hoofstad | Laâyounea (El Aaiún) (geproklameer) Tifariti (de facto) | ||||
Grootste stad | Laâyoune (El Aaiún) | ||||
Amptelike tale | Arabies en Spaans[1] | ||||
Regering | Eenparty- semi-presidensiële republiek[2]b Brahim Ghali Mohamed Wali Akeik | ||||
Onafhanklikheid | 14 November 1975 27 Februarie 1976 20% tot 25%e | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
266 000c km2 (83ste) 102 703 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2010-skatting - Digtheid |
100 000 of 502 585d (182ste) 1,9 / km2 (236ste) 4,9 / myl2 | ||||
Geldeenheid | Sahariese peseta, Marokkaanse dirham (de jure) Algeriese dinar, Mauritaanse ouguiya (de facto) ( - )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .ehf | ||||
Skakelkode | + | ||||
a. Volgens grondwet van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara. b. tot beplande onafhanklikheid. c. Oppervlakte van die hele gebied van Wes-Sahara soos geëis deur SADR. d. 500 000 is die geskatte bevolking volgens bevolkingsgroei in die gebied Wes-Sahara. e. 80% van die gebied geëis onder Marokkaanse administrasie. f. Geassosieer met Wes-Sahara, maar nog nie aan enige eiser toegestaan.[3] |
Die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara (Arabies: الجمهورية العربية الصحراوية الديمقراطية, Al-Jumhūrīyya Al-`Arabīyya Aṣ-Ṣaḥrāwīyya Ad-Dīmuqrāṭīyya, Spaans: República Árabe Saharaui Democrática) is 'n land wat voorheen as Spaanse kolonie Spaans-Sahara bekend gestaan en op 14 November 1975 van Spanje onafhanklik geword het. Dit is geleë in Noord-Afrika, suidwes van Marokko en Algerië asook noordwes van Mauritanië. Die Kanariese Eilande lê noordwes van Wes-Sahara in die Atlantiese Oseaan. Die SADR is op 27 Februarie 1976 deur die Polisario in die gebied Wes-Sahara geproklameer.[4]
Diplomatieke betrekkinge op Boodskapper-vlak
Diplomatiese erkenning
Diplomatiese betrekkinge of erkenning gevries of opgeskort
Diplomatiese betrekkinge of erkenning gekanselleer of onttrek
In Julie 2004 het Wes-Sahara 'n bevolking van sowat 267 405 gehad. Die oppervlak van die land is ongeveer 266 000 vierkante kilometer. Dit is dus effens kleiner as Nieu-Seeland en net groter as die Verenigde Koninkryk maar met 'n totale bevolking kleiner as die meeste stede in Suid-Afrika.
Die etniese samestelling van die bevolking is oorwegend Sahrawis, letterlik bewoner van die Sahara of woestynbewoner ('n mengsel van Arabiere en gearabiseerde Imazighen (Berbers)) en Arabiere uit Marokko, wat formeel gesien koloniste is. Sahara (Arabiese uitspraak: Sachara) beteken "woestyn" in Arabies. Byna die hele bevolking van Wes-Sahara is Moslems.
Alhoewel Marokko aanspraak maak op die land, erken meer as 70 lande, waaronder Suid-Afrika, die Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek (SADR) as soewereine owerheid van die land en is die republiek selfs 'n lid van die Organisasie vir Afrika-eenheid en die opvolgende Afrika-unie. Marokko was nie lid van albei organisasies nie, omdat dié land Wes-Sahara nie erken as onafhanklike land nie. Op 30 Januarie 2017 het Marokko egter lid van die Afrika-unie geword, hoewel die Wes-Sahara-konflik nie opgelos is nie.[5] Die setel van die SADR is tans in Algerië. Geen enkele staat ter wêreld erken die anneksasie van Wes-Sahara deur Marokko na die land se onafhanklikheid van Spanje nie, maar sommige lande, soos Frankryk en Nederland, erken ook nie Wes-Sahara as 'n onafhanklike land nie.[6]
Die republiek het op die oomblik slegs 'n klein strook van die land onder hulle mag (in die suidooste), die res word deur Marokko bestuur. Die grens tussen die twee lande vorm die Marokkaanse Muur.
Die hele bestuur van die SADR bestaan uit Polisario-lede. Polisario is 'n guerillaleër wat in 1973 gestig is en sedertdien vir die bevryding van Wes-Sahara van Marokkaanse oorheersing veg.
Die beplande hoofstad Laâyoune (El Aaiún) lê in die Marokkaanse deel van Wes-Sahara, solank vorm Tifariti die voorlopige hoofstad en Tindouf in Algerië die regeringsetel.
Die Verenigde Nasies beplan 'n referendum oor die toekoms, terwyl Marokko net outonomie aanbied.