Arabiese uitgewekenes dra by tot die kapitaal in die Arabiese wêreld en help dus streekontwikkeling aan. In 2009 is $35,1 miljard uit Amerika na Arabiese lande gestuur, en geld wat van ander Arabiese lande na Jordanië, Egipte en Libanon gestuur is, was 40 tot 190% hoër as handelsinkomste tussen hierdie en ander Arabiese lande.[1]
Volgens die tydskrif Aramco World is die grootste konsentrasie Arabiere buite die Arabiese wêreld in Brasilië, wat 9 miljoen burgers van Arabiese oorsprong het.[5] Van dié 9 miljoen is 6 miljoen van Libanese afkoms.[6][7][8] Ander Brasiliane van Arabiese oorsprong is uit Sirië, Palestina, Jordanië, Egipte en Saoedi-Arabië.
Groot Arabiese gemeenskappe kom ook voor in Argentinië, Venezuela,[9]Colombia, Mexiko en Chili. Palestyne word veral aangetref in Chili en Sentraal-Amerika, hoofsaaklik in El Salvador en die Honduras.[10] Die Palestyne gemeenskap in Chili[11][12] is die vierde grootste in die wêreld (naas dié in Israel, Libanon en Jordanië). In die VSA is daar sowat 3,5 miljoen mense van Arabiese oorsprong.[13]
Daar is boonop na raming 4 miljoen Indonesiërs wat minstens gedeeltelik van Arabiese herkoms is.[14]
↑"O Líbano: Geografia" [Lebanon: Geography] (in Portugees). Libanese ambassade in Brasilië. 1996. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 November 2014. Besoek op 8 Oktober 2019.
↑"The Arabs of Honduras" (in Engels). Saudiaramcoworld.com. 27 Junie 1936. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2019. Besoek op 17 September 2011.