Arandis | |
---|---|
Koördinate: 22°25′S 14°58′O / 22.417°S 14.967°O | |
Land | Namibië |
Streek | Erongo |
Stigting | 1976 |
Regering | |
• Tipe | Verkose verteenwoordiging |
• Burgemeester | Risto Kapenda |
Oppervlak | |
• Totaal | 33,4 km2 (12,9 vk. myl) |
Hoogte | 570 m (1 870 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 5 214 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Webwerf | www.arandistown.com |
Arandis is 'n dorp in die Namibiese streek van Erongo, wat in 1976 gestig is. Dit is 15 km buite een van die wêreld se grootste oopgroefuraanmyne, die Rössing-uraanmyn. Die naam kom vanaf Nama, wat beteken 'die plek waar mense huil'.[2]
Arandis is in 1978 gestig vir die werkers by die Rössing-uraanmyn, en het in 1994 dorpstatus ontvang.[3] In 2010 was die bevolking 7 600, waarvan meeste by die myn werk wat 29 km² van die grond besit.[4]
In 2000 was daar 'n herlewing in ekonomiese groei in Arandis. Met die wêreldwye energiekrisis het 'n aansienlike toename in kernkrag plaasgevind, met toenemende vraag na Arandis se uraan. Selfs banke wat voorheen gesluit het, het teruggekeer.[5]
Arandis word bestuur deur 'n stadsraad wat vanaf November 2015 sewe setels het.[6]
In die 2010 plaaslike owerheidsverkiesing het SWAPO met 664 stemme gewen.[7] SWAPO het ook die plaaslike owerheidsverkiesing in 2015 gewen, met 5 setels (780 stemme).[8]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Arandis. |