Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Arcadia Group Ltd. | |
![]() ![]() | |
Tipe | Privaatmaatskappy |
---|---|
Gestig | 2002 |
Hoofkantoor | Londen, Engeland, ![]() |
Sleutelpersone | Sir Philip Green (voorsitter), Ian Grabiner (hoof uitvoerende beampte), Paul Budge (direkteur van finansies) |
Gebied bedien | Verenigde Koninkryk, wêreldwyd |
Industrie | Kleinhandel |
Produkte | Kleding, bybehore, skoene |
Werknemers | 45 000 |
Moedermaatskappy | Taveta Investments |
Webwerf | arcadiagroup.co.uk |
Arcadia Group Ltd. (voorheen bekend as Arcadia Group plc en Burton Group plc) is 'n Britse multinasionale kleinhandelonderneming met sy hoofkwartier in Londen. Die groep besit mode-ondernemings soos Burton Menswear London, Dorothy Perkins, Evans, Miss Selfridge, Topman, Topshop en Wallis wat hul besighede gewoonlik in groot winkelstrate in die middestad bedryf, en die modeketting Outfit wat in sy buitestedelike winkels modelyne van die groep se ander modekettings verkoop. Arcadia Group bedryf meer as 2 500 modewinkels in die Verenigde Koninkryk, naas konsessiewinkels in Britse afdelingswinkels soos Debenhams, Selfridges en House of Fraser, asook 900 konsessiewinkels in veertig lande.[1] In Suid-Afrika is konsessiewinkels vir die handelsmerke Topman en Topshop gevestig.
Arcadia Group is merendeels in besit van Taveta Investments wat op sy beurt in besit is van Tina Green, die vrou van Sir Philip Green.[2]