| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Algemeen | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, Simbool, Getal | Argon, Ar, 18 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Chemiese reeks | edelgasse | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Groep, Periode, Blok | 18 (VIIIA), 3 , p | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Digtheid, Hardheid | 1.784 kg/m3 (273 K), NVT | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorkoms | kleurloos | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoomeienskappe | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoomgewig | 39.948 ame | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Atoomradius (ber.) | geen data (71) pm | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kovalente radius | 97 pm | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
van-der-Waalsradius | 188 pm | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektronkonfigurasie | [Ne]3s2 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
e− e per energievlak | 2, 8, 8 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Oksidasietoestande (Oksied) | 0, +2 (in skaars omstandighede) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kristalstruktuur | kubies vlakgesentreerd | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Strukturbericht-kode | A1 | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Fisiese eienskappe | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Toestand van materie | gas (nie-magneties) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Smeltpunt | 83.8 K (−153.7 °C °C) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kookpunt | 87.3 K (−150.2 °C) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Verdampingswarmte | 6.447 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Smeltingswarmte | 1.188 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Dampdruk | Geen data Pa | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Henry se konstante | 1,4 x 10-3 [L/mol.atm] 1300 [K] [1] | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Spoed van klank | 319 m/s teen 293.15 K | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Algemeen | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektronegatiwiteit | geen data (Pauling skaal) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Spesifieke warmtekapasiteit | 520 J/(kg*K) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Elektriese geleidingsvermoë | geen data | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Termiese geleidingsvermoë | 0.01772 W/(m*K) | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
1ste ionisasiepotensiaal | 1520.6 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2de ionisasiepotensiaal | 2665.8 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
3de ionisasiepotensiaal | 3931 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
4de ionisasiepotensiaal | 5771 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
5de ionisasiepotensiaal | 7238 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
6de ionisasiepotensiaal | 8781 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
7de ionisasiepotensiaal | 11995 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
8ste ionisasiepotensiaal | 13842 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Mees stabiele isotope | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||
SI eenhede & STD word gebruik tensy anders vermeld. |
Argon is die chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Ar en atoomgetal 18. Argon is die derde edelgas in groep 18 en maak ongeveer 1% van die Aarde se atmosfeer uit.
Argon is 2,5 keer meer oplosbaar in water as stikstof wat dit ongeveer net so oplosbaar maak soos suurstof. Hierdie hoogs stabiele chemiese element is kleurloos en reukloos in beide vloeibare en gasvorm. Daar is geen egte chemiese verbinding wat argon bevat nie – een van die redes waarom dit voorheen 'n inerte gas genoem is. Die sintese van argon hidrofluoried (HArF), 'n hoogs onstabiele verbinding van argon met fluoor is deur navorsers by die Universiteit van Helsinki in 2000 gerapporteer, maar die bestaan daarvan is nog nie onafhanklik bevestig nie.
Alhoewel geen chemiese verbindings van argon bestaan nie, kan argon klatrate met water vorm wanneer atome daarvan in 'n netwerk van watermolekules vasgevang word. Teoretiese berekeninge op rekenaar het gewys dat verskeie stabiele argonverbindings teoreties behoort te kan bestaan maar daar is egter nog geen manier om dit te sintetiseer nie.
Argon word in beligting gebruik aangesien dit selfs by hoë temperature nie reageer met die filament in 'n gloeilamp nie. Dit word ook gebruik waar diatomiese stikstof nie geskik is as (semi-)inerte gas nie. Ander gebruike sluit in:
Henry Cavendish het in 1785 vermoed dat Argon (Grieks argos wat "onaktief" beteken) in lug teenwoordig was maar dit is eers in 1894 deur Lord Rayleigh en Sir William Ramsay ontdek.
Die gas kan vanuit lug herwin word deur fraksionering van vloeibare lug aangesien die atmosfeer ongeveer 0,934% op 'n volumebasis bevat (1,29% op 'n massabasis). Die atmosfeer van Mars bevat daarteenoor ongeveer 1,6% Ar-40 en 5 dpm Ar-36. In 2005 het die Huygens ruimteverkenningstuig ook die teenwoordigheid van Ar-40 op Titaan, die grootste maan van Saturnus, ontdek. [1].
Voor 1962, is argon en die ander edelgasse algemeen as chemies inert beskou wat nie in staat is om verbindings met ander stowwe te vorm nie. Wetenskaplikes het sedertdien egter verbindings van die swaarder edelgasse voorberei. In 2000 is die eerste argon verbinding deur navorsers by die Universiteit van Helsinki voorberei. Deur 'n ultraviolet lig op bevrore argon wat 'n klein hoeveelheid waterstof-fluoried bevat het, was hulle in staat om argonwaterstof-fluoried (HArF) te sintetiseer. Die eksperimentele resultate is skynbaar nog nie onafhanklik bevestig nie.
Die hoof-isotope van argon wat op Aarde gevind word is Ar-40, Ar-36 en Ar-38. K-40 wat natuurlik voorkom en 'n halfleeftyd van 1,250 x 109 jaar het, verval deur elektronvangs en positronvrystelling na stabiele Ar-40 (11,2%), asook na stabiele Ca-40 (88,8%) deur betaverval. Hierdie eienskappe en verhoudings word gebruik om die ouderdom van rotse te bepaal.
In die Aarde se atmosfeer word Ar-39 gemaak deur die inwerking van kosmiese straling op Ar-40. Ondergronds word dit ook geskep deur die neutronvangs deur K-39 of alfa-emissie deur kalsium. Argon-37 word geskep deur die verval van kalsium-40 as gevolg van ondergrondse kernontploffings. Dit het 'n halfleeftyd van 35 dae.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Argon. |
H | He | ||||||||||||||||||||||||||||||
Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | ||||||||||||||||||||||||
Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | ||||||||||||||||||||||||
K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | ||||||||||||||
Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | ||||||||||||||
Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn |
Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og |
Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |