Ariamsvlei | |
---|---|
Grenspos by Ariamsvlei | |
Koördinate: 28°7′S 19°49′E / 28.117°S 19.817°O | |
Land | Namibië |
Streek | ǁKaras |
Hoogte | 804 m (2 638 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 500 tot 600 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Ariamsvlei is 'n nedersetting van omtrent 500 mense in die ǁKaras-streek in die suide van Namibië en 'n klein grenspos tussen Namibië en Suid-Afrika. Dit is 180 kilometer (110 myl) suid-oos van Karasburg geleë, op die B3-hoofweg. Dit lê op 804 meter bo seevlak. Die grenspos aan die Suid-Afrikaanse kant word Nakop genoem.
Ariamsvlei is 'n belangrike rusplek vir langafstandvragmotors, en 'n spoorweghalte op die lyn tussen Windhoek en Upington.[1] Die nedersetting het 'n vulstasie, 'n winkel, en 'n restaurant.