Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
As-salāmu ʿalaykum (Arabies: ٱلسَّلَامُ عَلَيْكُمْ, IPA: [as.sa.laː.mu ʕa.laj.kum]) is 'n Arabiese groet wat "Vrede oor jou" beteken. Dit word gereeld deur Moslems in verskeie godsdienstige en sosiale kontekste gebruik. Die verkorte vorm van hierdie groet is SalAam (IPA: [sælɒm]).
Die Hebreeuse weergawe is "Shalom Aleichem" (שָׁלוֹם עֲלֵיכֶם shālôm ʻalêḵem; Jiddisj: שלום־עליכם sholem aleykhem).
As-salam is ook een van die 99 name van Allah.