Avro Canada CF-100 Canuck | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Avro |
Ontwerp deur | John Frost |
Nooiensvlug | 19 Januarie 1950 |
Bekendstelling | 1952 |
Onttrek | 1981 |
Status | Uit diens onttrek. |
Hoofgebruikers | Kanadese Lugmag Belgiese Lugmag |
Aantal gebou | 692 |
Die Avro Canada CF-100 Canuck is 'n Kanadese vegvliegtuig wat in 'n onderskeppingsrol gebruik is. Dit is die eerste Kanadese vegvliegtuig wat in massas geproduseer is. Dit kon in alle weerstoestamde sowel as 'n nagvegter gebruik word. Die langtogafstand het verseker dat dit oor die groot Kanadese lugruim gebruik word. Die eerste vegvliegtuig model, die Mk 3, is in 1952 in diens gestel in die Koninklike Kanadese Lugmag. Dit was bewapen met agt masjiengewere onder die romp agter die agterste kajuit.
Die Mk 4 het 'n kragtiger motor gehad en daar was hegpunte vir houers, met 29 Mighty Mouse lug-tot-lug vuurpyle in, aan die punte van die vlerke wat deur 'n aan boord rekenaar gevuur word. Dit het soos volg gewerk: die vlieënier van die Canuck stuur op 'n botsing koers met die vyandelike vliegtuig af met die radar in die neus en die rekenaar vuur die vuurpyle af op die optimum afstand. Daar kan nog masjiengewere of vuurpyle in die onderkant van die romp gedra word.
In 1957 is die Canadian/US North American Air Defence Command (NORAD) gevorm en die Kanadese Canuck's werk saam die Amerikaanse F-86's, F-89's en F-94's om Noord-Amerika teen Sowjet invalle van die noorde te beskerm. Sterkpunte van die Canuck is sy vermoë om van kort aanloopbane te kan opstyg en sy klimvermoë en kon dus Sowjet vliegtuie gou onderskep.
Die laaste model in die familie, Mk 5, het nog kragtigers motors gehad en die vlerkspan was 1.93 m langer wat dit beter laat vlieg het teen hoër hoogtes. Drie-en-vyftig van die vliegtuie was verskaf aan België waar die 1st Alleweer Onderskeppersvlug gevorm het.
Die Canuck is eers in 1981 uit diens gestel in Kanada.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 2 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Orenda 14 turbostraal |
Kraglewering per motor | 3 300 kg stukrag |
Vlerkspan | 17,7 m |
Lengte | 16,5m |
Hoogte | 4,72 m |
Vlerkoppervlakte | 54,8 m2 |
Maksimum opstygmassa | 16 783 kg |
Maksimum snelheid | 1 046 km/h |
Operasionele hoogte | 16 460 |
Togafstand | 1 046 km |
Klimvermoë | 9 144 m in 5 minute |
Bewapening | 58 Mighty Mouse 70mm lug-tot-lug vuurpyle gedra in houers aan vlerkpunte |