| ||||
Leuse: (fr) Unité-Justice-Liberté ⵜⴰⵔⵜⵢⵜ-ⵢⵈⵓⴷ-ⴰⵍⴰⵍⵓ (ar) وحدة - عدالة - حرية ((af) "Eenheid-Geregtigheid-Vryheid") | ||||
Ligging van Azawad in Afrika | ||||
Hoofstad | Timboektoe (geëis) Gao (voorlopig) 16°16′N 0°03′W / 16.267°N 0.050°W | |||
Taal/Tale | Toearegtale, Songhay, Fula, Frans, Arabies | |||
Godsdiens | Islam | |||
Regering | Republiek | |||
President | ||||
- 2012–2013 | Bilal Ag Acherif | |||
Adjunkpresident | ||||
- 2012–2013 | Mahamadou Djeri Maïga | |||
Historiese tydperk | Moderne tydperk | |||
- Onafhanklikheidsverklaring | 6 April 2012 | |||
- Slag van Gao | 27 Junie 2012 | |||
- Val van Ansongo | 27 Julie 2012 | |||
- Die MNLA verwerp hul eis vir ’n onafhanklike Azawad | 14 Februarie 2013 | |||
Oppervlakte | ||||
- 2009 | 822 000 km2 317 376 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 2009 skatting | 1 295 000 | |||
Digtheid | 1,6 /km² 4,1 /sq mi |
Azawad (Arabies: أزواد / Azawād, Toearegtale: ⴰⵣⴰⵓⴷ[1]), amptelik die Onafhanklike Staat Azawad (Arabies: دولة أزواد المستقلة / Dawlat Azawād al-Mustaqillah, Frans: État indépendant de l’Azawad), was 'n selfregerende gebied in die noordweste van Mali, wat op 6 April 2012 sy eensydige onafhanklikheid verklaar het nadat die regering van Mali onder Amadou Toumani Touré ná 'n opstand van die Toearegs in 'n militêre staatsgreep afgeset is. Op 11 Januarie 2013 het Frankryk soldate ná Azawad ontplooi om Mali se soldate in die konflik by te staan en tot einde Januarie is die groot stede van die gebied herower. Op 14 Februarie 2013 het die MNLA sy eis ná onafhanklikheid van Mali opgegee en die regering vir onderhandelinge oor die toekoms van die gebied gevra.
Gao is die hoofstad en grootste stad van die streek. Azawad het 'n oppervlakte van 822 000 km² en 'n bevolking van 1 295 000 in 2009 gehad.
Selfs tydens die Franse bewind, in 1958, het 'n separatistiese beweging, die Mouvement popular de l'Azawad (MPA) in Kidal, 'n staat vir die Toearegs geëis.
Nadat Mali in 1960 van Frankryk onafhanklik geword het, het 'n aantal opstande reeds uitgebreek. In die pers word daarna gewoonlik verwys as "Toearegrebellies".
Drie jaar na onafhanklikheid het 'n gewapende stryd uitgebreek. Dit is verm deur die Maliese leër onderdruk. Die onafhanklikheidsbeweging is verder verswak deur die droogte in die streek gedurende die 1970's.
In 1988 is 'n opstandbeweging, die Mouvement popular de libération de l'Azawad (MPLA), gestig. Dit het in 1990 begin met 'n opstand, wat gelei het tot die Tamanrasset-ooreenkomste, en 'n nasionale verdrag in 1992 wat aan die streek meer outonomie besorg het.
'n Nuwe opstand het in 2006 uitgebreek, wat met die Algiers-ooreenkoms besleg is.[2]
Ná die staatsgreep wat die bewind van Amadou Toumani Touré in Mali omvergewerp het, het die onafhanklikheidsbeweging vinnig gegroei. Toearegrebelle, saam met Islamitiese groepe, het beheer oor die drie groot stede in die gebied oorgeneem. Dit het gebeur sonder te veel opposisie van die swak toegeruste en ongeorganiseerde leër van Mali.[3] Hierna het 'n broederlike stryd ontstaan tussen die vegters van die MNLA en die Islamitiese groepe, waaronder die Ansar Dine (onder leiding van die Toeareg-stamleier Iyad Ag Ghaly), en dele van die AQMI. Die MNLA het 'n skietstilstand aangekondig en ook op Vrydag, 6 April 2012, sy onafhanklikheid verklaar.
Op 11 Januarie 2013 het Frankryk soldate ná Azawad ontplooi om Mali se soldate in die konflik by te staan en tot einde Januarie is die groot stede in die gebied herower. Op 14 Februarie 2013 het die MNLA hul eis ná onafhanklikheid van Mali opgegee en die regering vir onderhandelinge oor die toekoms van die gebied gevra.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |