Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
2011 BMW S1000RR | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Vervaardiger | BMW Motorrad |
Ook genoem | K46 |
Produksie | 2009 - huidig |
Klas | Sportfiets |
Enjin | 999 cc inlyn-4 |
Boor / Slag | 80.0 x 49.7 mm |
Drukverhouding | 13.0:1 |
Kraglewering | 146 kW (199 pk) @ 14,000 opm [1] 133.6 kW @ 13,250 opm (op agterwiel)[2] |
Wringkrag | 112 Nm @ 9,750 opm[2] |
Transmissie | 6-gang, kettinggedrewe, opsionele elektroniese wieltolbeheer |
Remme | Voor: Dubbele 320 mm skywe, Brembo 4-suierknypers agter: Enkel 220 mm skyf ABS |
Bande | Voor: 120/70 ZR 17 Agter: 190/55 ZR 17 |
Helling, sleep | 23.9° / 95.9 mm |
Wielbasis | 1432 mm |
Afmetings | Lengte: 2056 mm Breedte: 826 mm Hoogte: 1138 mm |
Sitplekhoogte | 820 mm |
Massa | 183 kg[3] (droog) 207.7 kg[2] (nat) |
Die BMW S1000RR is 'n sportmotorfiets wat aanvanklik deur BMW Motorrad gebou is om aan die 2009 Wêreldsuperfietskampioenskap deel te neem,[4] maar nou ook in kommersiële produksie is. Dit is in München bekend gestel in April 2008,[5] en word aangedryf deur 'n 999 cc inlynviersilinderenjin wat tot by sy maksimum van 14 200 opm kan toer.
BMW het eenduisend S1000RRs in 2009 gebou om aan die Wêreldsuperfietskompetisie se homologiseringsvereiste te voldoen, maar het produksie uitgebrei vir kommersiële verkoop van die fiets in 2010. Dit het 'n sluitweer-remstelsel as standaard, met 'n opsionele elektroniese vastrapbeheer. Teen 2016 het dit 'n nat gewig van 204 kilogram (450 lb), en produseer 148,4 kW @ 13 500 opm.[6] Met 133.6 kW (179.2 hp) op die agterwiel, is dit die kragtigste motorfiets in sy klas op die dinamometer.[7]
Die fabrieksrenfiets wat gebruik word in die Wêreldsuperfietskampioenskap verskil in 'n aantal opsigte van die produksiefiets.[8] Die enjin het 'n hoër drukverhouding van 14.0:1 in vergelyking met 13.0:1, en dit lewer meer as 150 kW (200 pk) teen 14 000 opm, in vergelyking met 144 kW (193 pk) teen 13 000 rpm. Die renfiets het 44 mm Öhlinsvurke, in vergelyking met 46 mm ZF Sachsvurke. Die belangrikste verskil is dat dit slegs 'n massa van 162 kilogram (360 lb) het, in vergelyking met 207,7 kilogram (458 lb) vir die produksiemodel.
Die S1000RR word sedert 2010 deur verskeie jaers tydens die "Isle of Man TT" gebruik.[9] Op 31 Mei 2014 het Michael Dunlop die superfietswedren gewen op sy fabrieksvoorbereide fiets wat deur Hawk Racing ingeskryf is.[10][11] Drie dae later het Dunlop sy oorwinning herhaal in die Superstock klas, onder sy eie MD Racing BMW vaandel. Hy het gesê: "...hierdie is 'n fantastiese uitslag vir BMW. Dit is 'n groot eer vir enige vervaardiger wanneer sy padfiets 'n TT wen."[12] Dunlop het 'n driekuns van oorwinnings met BMW behaal nadat hy ook 'n Senior TT op Vrydag, 6 Junie gewen het.[13]