Baha’i-wêreldsentrum* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
'n Lugbeeld van die Baha’i se administratiewe geboue op Karmelberg, Haifa, Israel | |
Ligging van die Baha’i-wêreldsentrum in Israel | |
Koördinate: 32°48′52″N 34°59′13″O / 32.81444°N 34.98694°O | |
Lande | Israel |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | iii, vi |
Verwysings | 1220 |
Streek† | Asië |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 2008 (32ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die Baha’i-wêreldsentrum is die geestelike en administratiewe sentrum van die Baha’i-geloof en sluit geboue in of naby die stede Akko en Haifa, Israel, in.
Die meeste van die Baha’i-geloof se internasionale bestuur en koördinasie vind by die Baha’i-wêreldsentrum plaas, waaronder onderrigplanne en beide die studie en vertaling van die Baha’i se heilige skrifte. Die Universale Huis van Geregtigheid, die hoogste beheerliggaam van die Baha’i-geloof, is in Haifa gesetel. Die Baha’i-wêreldsentrum is ook die hoofbestemming vir religieuse toerisme en Baha’i-pelgrims, en lok sowat een miljoen besoekers jaarliks.
Die Baha’i-wêreldsentrum se ligging in Akko en Haifa het sy oorsprong in Baha'u'llah, die Baha’i-geloof se stigter, se verbanning in Akko se vesting deur Ottomaanse owerhede in 1868.
Baie van die Baha’i-wêreldsentrum se geboue, insluitende die terrasse en die Heiligdom van die Báb aan die noordelike hange van Karmelberg, is in 2008 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.