Bahir Dar ባሕር ዳር | |
---|---|
Die stadsentrum van Bahir Dar | |
Koördinate: 11°36′00″N 37°23′00″O / 11.60000°N 37.38333°O | |
Land | Ethiopië |
Streek | Amhara-streek |
Oppervlak | |
• Totaal | 28 km2 (11 vk. myl) |
Hoogte | 1 800 m (5 900 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 318 429 |
• Digtheid | 11 000/km2 (29 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+03:00 (OAT) |
Skakelkodes | (+251) 58 |
Bahir Dar of Bahar Dar (Amharies: ባሕር ዳር?, Baḥər Dar, “see- of meerkus”) is ’n stad in die noordweste van Ethiopië. Dis die hoofstad van die Amhara-streek, een van die land se nege administratiewe streke.
Administratief is Bahir Dar ’n Spesiale Sone, ’n benaming wat val tussen ’n geoktrooieerde stad (astedader akabibi, ’n eersterangse afdeling, soos ’n kilil) soos Addis Abeba en Dire Dawa, en stede soos Debre Marqos en Dessie, wat as distrikte (woredas) georganiseer is.
Bahir Dar is een van die land se vernaamste toeristebestemmings met uiteenlopende aantreklikhede soos by die nabygeleë Tanameer en Blou Nyl. Die stad word gekenmerk deur wye lane wat omsoom word deur palmbome en ’n verskeidenheid kleurryke blomme. Unesco het in 2002 sy Stede vir Vrede-prys aan die stad toegeken vir sy pogings om die uitdagings van snelle verstedeliking die hoof te bied.