Hierdie lokale spesie is van besondere belang weens die relikteaard daarvan en die onsekere verwantskap met ander subfamilies soos die Parnassiinae. Dit word nou beskou as verteenwoordigend van die monotipiese subfamilie Baroniinae, en as die mees primitiewe ekstante papilionid-takson, wat sekere kenmerke deel met die fossieltakson Praepapilio.
Die spesie het 'n beperkte en gefragmenteerde verspreiding in Meksiko.[2][3] Morfologiese kenmerke sluit in 'n abdominale reukorgaan by die wyfies.[4][5] Die Baronvlinder is verder uniek onder die Riddervlinders deurdat dit 'n Acacia-soort as voedselplant benut (Acacia cochliacanha, familie Leguminosae).[6][7]
Die genus is vernoem na 'n Mnr. Baron wat die eerste eksemplaar in die Sierra Madre-streek van Meksiko versamel het, waarna die spesie beskryf is deur Salvin.[8]
↑Luis-Martinez, A.; J Llorente-Bousquets; Isable Vargas-Fernandez & A D Warren (2003) Biodiversity and biogeography of Mexican butterflies (Lepidoptera: Papilionoidea and Hesperioidea). Proc. Entomol. Soc. Wash. 105(1):209-224 PDFGeargiveer 20 September 2009 op Wayback Machine
↑Llorente-Bousquets, J & A. Luis-Martinez (1993) Conservation-oriented analysis of Mexican butterflies: Papilionidae (Lepidoptera, Papilionoidea). In Ramammorthy, T.P., J. Fa, R. Bye y A. Lot (Eds.). 1993. The biological diversity of Mexico: origins and distributions, Oxford University Press. PDFGeargiveer 23 Julie 2008 op Wayback Machine
↑Robbins, Robert K. (1989) Systematic implications of butterfly leg structures that clean the antennae. Psyche 96:209-222 Full text
↑Häuser, C. L. 1992. A new abdominal scent organ in females of Baronia brevicornis (Lepidoptera: Papilionidae). Zoologischer Anzeiger 229(1/2):54-62.
↑Savela, Marrku (16 Februarie 2008). "Baronia". Lepidoptera and some other life forms (in Engels). nic.funet.fi. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2017. Besoek op 9 November 2010.