Basjkiriërs | |
---|---|
![]() | |
Totale bevolking: | ca. 2 miljoen[1] |
Belangrike bevolkings in: | ![]()
|
Taal: | Basjkiers, Russies[4] |
Geloofsoortuiging: | Soennitiese Islam[5] |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene; Russe |
Die Basjkiriërs (Basjkiers: Башҡорттар, Başqorttar, [bɑʂqʊrtˈtɑr]; Russies: Башкиры, Baškiry, [bɐʂˈkʲirɨ]) is 'n Turkse etniese groep inheems aan die outonome republiek Basjkortostan in Rusland, weerskante van die Oeralgebergte. Hulle praat Basjkiers, 'n Turkse taal, as moedertaal en Russies as tweede taal. Die Basjkiriërs is hoofsaaklik aanhangers van die Soennitiese Islam, gevolg deur 'n klein minderheid Oosters-Ortodokse Christene.
Basjkiriërs vorm die vierde grootste etniese groep in Rusland en maak sowat 1,2% van dié land se bevolking volgens die sensus van 2010 uit. Die meeste Basjkiriërs leef in die outonome republiek Basjkortostan (Rusland), gevolg deur Kasakstan.
{{cite web}}
: |author=
has generic name (hulp)