Die Bawa-waterval lê net suidsuidwes van Butterworth (nou Gcuwa) in die voormalige Transkeistreek van Suid-Afrika.
Hierdie waterval is in die Cerurivier wat aansluit by die Gcuwarivier wat op sy beurt weer by die Groot-Keirivier aansluit. Dit is by die nedersetting kwaNdotshanga en by 32°23′35″S 28°07′44″O / 32.39306°S 28.12889°O. Die val is 104 m hoog en gemiddeld 1½ m breed.[1]
Volksoorlewering wil dit hê dat dit ‘n plek was waar teregstellings plaasgevind het. Tans is daar ‘n piekniek- en kampeerterrein.