Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
Harry Bernard Cross beter bekend as Ben Cross (16 Desember 1947 - 18 Augustus 2020) was 'n Engelse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Chariots of Fire (1981), First Knight (1995), When Nietzsche Wept (2007), en Star Trek (2009).
Cross is van 1977 tot 1992 met die model Penelope Butler getroud, en aan Michele Moerth, van 1996 tot 2005. Albei hierdie huwelike het in egskeidings geëindig. Hy trou in 2018 met die Bulgaarse kunstenaar Deyana Boneva, en bly tot sy dood getroud.[2][3][4]
Cross is in Wene dood na 'n stryd teen kanker op 18 Augustus 2020, op die ouderdom van 72.[5][6] Hy word oorleef deur sy vrou en twee kinders uit sy eerste huwelik.[1]