Sir Ben Kingsley | |
Kingsley in 2008.
| |
Geboortenaam | Krishna Bhanji[1] |
---|---|
Geboorte | 31 Desember 1943 |
Aktiewe jare | 1966-tans |
Sir Ben Kingsley (gebore as Krishna Bhanji; 31 Desember 1943) is ’n Britse akteur. In sy loopbaan van langer as vier dekades het hy ’n Oscar, Grammy, Bafta, twee Golden Globes en Screen Actors Guild Awards gewen.
Kingsley het op universiteit by toneelspel betrokke geraak en sy verhoogdebuut op 23 gemaak. Hy het hom 15 jaar lank op die verhoog toegespits. In 1967 het hy sy debuut in die West End gemaak en in 1971 sy Broadway-debuut. Omstreeks 1977 het hy sy huidige professionele naam aangeneem;[2][3] sy van kom van sy oupa aan vaderskant se bynaam, "King Clove".[4]
Aanvanklik het hy klein rolle in rolprente en op televisie ook gehad, maar eers in 1982 werklik bekend geraak danksy sy vertolking van Mohandas Gandhi in die prent Gandhi, waarvoor hy die Oscar vir beste akteur gewen het. Hy was ook in Schindler's List (1993), Sexy Beast (2000), Lucky Number Slevin (2006), Shutter Island (2010), Prince of Persia: The Sands of Time (2010), Hugo (2011) en Iron Man 3 (2013).
Kingsley is in 2002 tot ridder geslaan[5] en in 2010 het hy ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.[6] In 2013 het hy die Bafta Los Angeles Britannia-prys ontvang vir sy wêreldwye bydrae tot rolprentvermaak.[7]