Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Die bensodiasepiene is 'n klas van psigotrope geneesmiddels met angsverligtende, spierverslappende, hipnotiese en antikonvulsiewe eienskappe. Dit word dikwels gebruik vir die korttermynverligting van erge angs of slaaploosheid. Langtermyngebruik kan geneesmiddelafhanklikheid tot gevolg hê. Dit word vermoed dat die bensodiasepiene werk op die GABA reseptorgroep. Die aktivering van dié neuroreseptor lei tot die onderdrukking van die hoër geestelike funksies. Sedert die laat 1960’s en 1970’s het geneeshere begin om hierdie soort middels grootskaals voor te skryf.
Bensodiasepiene word gewoonlik in drie groepe verdeel:
Sien 'n Lys van bensodiasepiene.
Alle bensodiasepiene het die volgende voorspelbare uitwerkings, alhoewel sommige sterker slaapmiddels kan wees en andere 'n sterker geheueverlies (sien onder newe-effekte) kan veroorsaak. Hoe hoër die dosis, hoe sterker is die effek.
Al die bogenoemde newe-effekte word vererger met die gelyktydige inname van alkohol.
Langtermyngebruik lei gewoonlik tot afhanklikheid. As daar dan summier opgehou word met die gebruik van die middel, kan die volgende onttrekkingsimptome die gebruiker tref:
Daarom word dit aanbeveel om 'n persoon wat lank of op 'n hoë dosis van 'n bensodiasepien was, versigtig, en verkieslik onder mediese toesig, te speen van die bensodiasepien.
Die eerste bensodiasepien, chloordiasepoksied, is toevallig ontdek in 1954 deur 'n Oostenrykse apteker en chemikus, Dr Leo Sternbach (1908–2005), toe hy dit herbekyk het -- nadat hy dit eers laat vaar het -- op 'n tydstip toe 'n assistant besig was om sy laboratorium vir hom op te ruim.[1]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |