Bergbrachystegia | |
---|---|
'n Bergbrachystegia by die Gairezirivier, op die grens van Zimbabwe en Mosambiek | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. tamarindoides
|
Binomiale naam | |
Brachystegia tamarindoides Welw. ex Benth., (1865)
| |
Sinonieme | |
|
Die bergbrachystegia (Brachystegia tamarindoides) is 'n spreiende boom met 'n platterige kroon, wat inheems is aan Zimbabwe,[1] Burundi, Demokratiese Republiek van die Kongo, Tanzanië, Zambië, Malawi, Mosambiek en Angola.[2] Die boom word regdeur Zimbabwe op dagsome aangetref, dikwels in klein stande, of waar daar andersins geskikte omgewingstoestande voorkom. Die boom se bas skilfer af wat kenmerkende geel kolle blootlê.