Berghaan - Bateleur Eagle | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Terathopius Lesson, 1830
|
Spesie: | T. ecaudatus
|
Binomiale naam | |
Terathopius ecaudatus (Daudin, 1800)
| |
![]() | |
Verspreiding van die Berghaan |
Die berghaan (Terathopius ecaudatus) is 'n mediumgrootte arend in die voëlfamilie Accipitridae. Dit is die enigste lid van die genus Terathopius en moontlik die oorsprong van die "Zimbabwe-voël", die nasionale embleem van Zimbabwe.[1]
Die berghaan is 'n kleurvolle spesie met 'n baie kort stert (ecaudatus is Latyn vir stertloos) wat die voël onmiskenbaar maak tydens vlug. Die volwasse mannetjie is 60 tot 75 cm lank met 'n 175 cm vlerkspan. Hy het swart vere behalwe vir sy bruin mantel en stert, grys skouers en rooi gesigsvel, bek en bene.
Die wyfie is soortgelyk aan die mannetjie, maar waar die mannetjie swart vere het, is die wyfie s'n grys. Jong voëls is bruin met wit spikkels en het 'n groen-grys gesigsvel. Dit neem sewe tot agt jaar vir 'n berghaan om volwassenheid te bereik.
Die berghaan is 'n algemene bewoner van die savanne-grasvelde in sub-Sahara Afrika. Die voël bou sy nes in hoë bome.
Die wyfie lê 'n enkele eier wat sy dan bebroei vir 42 tot 43 dae. Dit neem 'n verdere 90 tot 125 dae voor die kuiken gereed is om te vlieg. Berghane bly lewenslank by hul maats en hou aan om dieselfde nes vir 'n aantal jare te gebruik. Voëls sonder maats (vermoedelik van 'n eerste broeisel) sal somtyds by die nes help.
Die berghaan se prooi is meestal ander voëls, soos duiwe, of klein soogdiere. Berghane vreet ook aas.
Berghane is oor die algemeen stil voëls, maar nou en dan sal 'n voël 'n verskeidenheid blaffe en krete gee.
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Berghaan. |
{{cite web}}
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)