Bergkatjiepiering | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Leucadendron |
Spesie: | L. cordatum
|
Binomiale naam | |
Leucadendron cordatum E.Phillips, 1917
|
Die bergkatjiepiering (Leucadendron cordatum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is seldsaam. Dit kom voor in die Langeberg tussen Koo en Barrydale asook die Swartberg digby Klaarstroom. Die struik word 1 m hoog en dra blomme van Junie tot Julie.
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na twee maande. Die plant is eenslagtig en daar is manlike- en vroulike plante. Die aktiwiteite van klein torre en klein knaagdiere verseker dat die plante bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik rotsagtige sandsteen grond op hoogtes van 500-1900 m.
In Engels staan dit as die Droopy Conebush bekend.