Algemeen | |
---|---|
Naam | Berilliumchloried |
Chemiese formule | BeCl2 |
Molêre massa | 79,92 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7787-47-5[1] |
Voorkoms | Wit to gelerig vastestof [1] |
Reuk | Skerp |
Fasegedrag | |
Fase | β-BeCl2: T<405 °C |
Selkonstantes | 1061,4(6)pm; c=1804(2)pm; Z=32[2] |
Ruimtegroep | I41/acd |
Nommer | 142 |
Fase | α-BeCl2: T>405 °C |
Selkonstantes | a=528,5pm; b=980,7pm; c=522,7pm[1] |
Ruimtegroep | Ibam |
Nommer | 72 |
Strukturbericht | C42 |
Smeltpunt | 416 °C[1] |
Kookpunt | 520 °C[1] |
Digtheid | 1,90 [g/cm3] [1] |
Oplosbaarheid | oplosbaar; stel hitte vry; 715 g/L[1] |
ΔfusHɵ | 8,66 [kJ/mol]; (α-fase) |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Berilliumchloried is 'n verbinding van berillium en chloor met die formule BeCl2.
Dit is 'n higroskopiese stof wat vervloei. Dit is baie oplosbaar en die oplossings is sterk suur. Dit is 'n hoogs giftige stof wat na absorpsie in verskillende weefsels ophoop.[1]
Die hoëtemperatuurvorm α-BeCl2 kistalliseer in die ortorombiese SiS2-struktuur. (C42 in die strukturbericht-klassifikasie). Dit het 'n veselrige polimere struktuur wat uit BeCl4-tetraëders bestaan. Dit is die vorm wat ontstaan indien die stof deur sublimasie gevorm word en die eerste wat ondersoek is. Dit is egter by kamertemperatuur metastabiel. Die stabiele laetemperatuurvorm het 'n tetragonale struktuur wat uit Be4Cl10-tetramere molekules bestaan, wat se struktuur op die struktuur van die molekule van fosforpentoksied gelyk. β-BeCl2 het die Mg(NH2)2-tipe struktuur. Die oorgang β → α vind by 'n temperatuur van 405 °C plaas met ∆tH = 2,9 [kJ/mol] en ∆tS= 9,21 [J/Kmol] [2]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)