Besigheidsprosesbestuur benut tegnologie om die uitvoering van besigheidsprosesses te outomatiseer en te koördineer te midde van die toenemende kompleksiteit van besigheidsprosesse.
Die volgende drywers het 'n fokus geplaas op besigheidsprosesbestuur:
Die doelwitte van besigheidsprosesbestuur is;
- om beter integrasie te bewerkstellig tussen inligtingstegnologie en menslike aksies,
- om beter oorhoofse beheer oor 'n proses te kry van die beginpunt tot eindpunt van die proses,
- om die uitvoering van die proses te monitor ten einde vroegtydig afwykings en vertragings in die proses na te speur sodat korrektiewe aksies geneem kan word,
- om die besigheidsproses se prestasievlakke deurlopend te monitor en te verbeter en
- om die proses se hoeveelheid menslike aktiwiteite in te kort tot die noodsaaklikste.
'n Besigheidsprosesbestuursoplossing bestaan uit die volgende komponente: