Beta Cephei
| ||||
Beta Cephei se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Kefeus | |||
Spektraaltipe | B2 IIIev[1] | |||
Soort | Veelvoudig Veranderlik | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 28m 39.5971s[1] | |||
Deklinasie | +70° 33′ 38.578″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,1438[2] | |||
Absolute magnitude (M) | –3,468[2] | |||
B-V-kleurindeks | -0,22[3] | |||
U-B-kleurindeks | -0,95[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 12 | |||
Radius (R☉) | 9 | |||
Ligsterkte (L☉) | 36 900 | |||
Temperatuur (K) | 26 700 | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Beta Cephei-veranderlike | |||
Ander name | ||||
Alfirk, 8 Cep, AAVSO 2127+70, AG+70° 738, BD+69 1173, CCDM J21287+7034A, FK5 809, GSC 04465-02643, HD 205021, HIP 106032, HR 8238, SAO 10057, WDS J21287+7034 Aa, Ab.[1] | ||||
|
Beta Cephei (afgekort as β Cep), met die tradisionele naam Alfirk, is ’n ster van die 3de magnitude in die sterrebeeld Kefeus (Cepheus). Dit is die prototipe van die Beta Cephei-veranderlikes.
Beta Cephei is ’n driedubbele sterstelsel bestaande uit ’n spektroskopiese dubbelster en ’n metgesel met ’n skynbare magnitude van 8.[4] Die sterre se gesamentlike skynbare magnitude wissel tussen 3,15 en 3,21 met ’n periode van 0,1904844 dae.
Beta Cephei A is ’n bloureus met ’n sterreklassifikasie van B2 IIIev.[1] Die "ev" staan vir "spektraalemissies wat veranderlikheid toon". Dié reus het ’n radius van 9 R☉ en ’n massa van 12 M☉. Soos die meeste klas B-sterre met ’n groot massa, is Beta Cephei ’n relatief jong ster met ’n geraamde ouderdom van 50 miljoen jaar. Beta Cephei A draai stadig om sy as, teen sowat 7 grade per dag – ’n volle rotasie duur sowat 51 dae.
"Beta Cephei" is die ster se Bayer-naam. Die tradisionele naam is "Alfirk" (Arabies: الفرقة al-firqah), wat "Die Trop" beteken; dit verwys na ’n trop skape. Dié ster, saam met Alpha en Eta Cephei, is deur Ulug Beg Al Kawākib al Firḳ (الكوكب الفرق) genoem: die "Sterre van Die Trop".[5][6]
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Alfirk" vir die ster Beta Cephei Aa goedgekeur[7] omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het in plaas van aan stergroepe.
Fixed. A is a spectroscopic binary.