Die apostels het hulle gesag met die oplê van hande met ander mense gedeel. (2 Tim 1:6). In die Nuwe Testament is die mans beurtelings episcopoi (biskoppe) en presbyteroi (priesters of ouderlinge) genoem (Hand 20:17), maar vanaf die 2de eeu nC is die woord biskop net vir leiers van die plaaslike kerk (bisdom) gebruik. [1]
Die Katolieke, Anglikaanse en Ortodokse kerke hou vol dat die biskoppe in direkte lyn opvolgers van die Apostels is. Tot 11 Februarie1989 toe Barbara Harris as biskop van die Episkopale Kerk in die VSA gewy is, is slegs mans as biskop gewy. Die Lutherse Kerk het ook biskoppe, maar hou nie vas aan die Apostoliese Opvolging nie.[2]
Hulpbiskop – assistent van 'n ordinaris maar titulêr biskop in eie reg
Wybiskop – 'n biskop wat 'n verkose biskop wy.
Aartsbiskop – hoof van 'n aartsbisdom die belangrikste bisdom van 'n streek.
Titulêr (aarts)biskop – 'n biskop sonder eie bisdom, maar die titel het van 'n nie meer bestaande bisdom. Veral die funksionarisse van die Vatikaan is dikwels titulêr (aarts)biskop. B.v. Kardinaal Leonardo Sandri, titulêr aartsbiskop van Cittanova, prefek vir die Kongregasie van Oosterse Kerke.
Metropoliet – hoof van 'n kerkprovinsie.
Verkose biskop – 'n biskop die aangestel is maar nog nie gewy nie.
Suffragane biskop – 'n Biskop van 'n bisdom wat ondergeskik is aan 'n ander bisdom.