Black Sabbath | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Birmingham (Engeland) |
Genres | Hard rock, heavy metal |
Jare aktief | 1968 — 2006; 2011 - |
Etikette | Vertigo, Warner Bros, Sanctuary, IRS, Reprise, Epic |
Assosiasies | Heaven and Hell, GZR, Dio |
Webwerf | www.blacksabbath.com |
Lede | Ozzy Osbourne Tony Iommi Geezer Butler Bill Ward |
Black Sabbath is 'n Engelse musiekgroep afkomstig uit Birmingham en word deur baie mense beskou as die eerste ware metal-musiekgroep.[1]
Die groep is in 1966 deur Tony Iommi en Geezer Butler gestig. Hulle het hoofsaaklik blues en hard rock-musiek gemaak. Die sanger Ozzy Osbourne is deur middel van 'n koerantadvertensie gevind en het by Butler se huis opgedaag met twee verskillende skoene en 'n hondeleiband aan 'n pantoffel om sy nek. Bill Ward het later by die groep aangesluit en verolledig dit deur die tromme te bespeel.
In 1970 het hulle hul deurbraak getmaak met die treffer Paranoid, wat tans een van die mees heropgevoerde rock-treffers is en wat ook steeds hoog op die "top 100 van alle tye" lys staan.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |