Blinkblaar-wag-’n-bietjie | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Rosales |
Familie: | Rhamnaceae |
Genus: | Ziziphus |
Spesie: | Z. mucronata
|
Binomiale naam | |
Ziziphus mucronata Willd., (1809)
| |
Sinonieme[1] | |
|
Die blinkblaar-wag-’n-bietjie (Ziziphus mucronata)[2] is ’n bladwisselende boom wat algemeen in die bosveld en selfs dele van die hoëveld voorkom.
Dit is inheems aan feitlik die hele Suider-Afrika, met die uitsondering van die Suidwes-Kaap, Suidwes-Botswana, die kusgebiede van Namibië en dié van Mosambiek. Dit is ook in Angola, Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Guinee, Jemen, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Saoedi-Arabië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Somalië, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Die boom is slaphangend en op die jong hout is daar gewoonlik aan weerskante van die blaarsteel ’n paar baie skerp dorings, die een krom en die ander reguit. Die glansende groen blare is kenmerkend en die blaarbasis is simmetries met die blaarrand uiters fyn geskulp. Die boom dra klein, gelerige blomme met 'n deursnee van 6 mm. Die vrugte is tot 1.5 cm in deursnee en hoewel eetbaar is dit nie baie smaaklik nie. Die vlees van die vrugte is dun, droog en melerig. Die boom het baie medisinale gebruike.
Die Blinkblaar-wag-’n-bietjie is as Suid-Afrika se Algemene Boom van die Jaar vir 2017 aangewys,[3] en die boom se FSA-nommer is 447.[4]
Die boom het twee subspesies: