Blondie | |
---|---|
Blondie in 1977. V.l.n.r.: Gary Valentine, Clem Burke, Debbie Harry, Chris Stein, en Jimmy Destri. | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | New York, New York, VSA |
Genres | Page Sjabloon:Hlist/styles.css has no content.
|
Jare aktief | Page Sjabloon:Hlist/styles.css has no content. |
Etikette | Page Sjabloon:Hlist/styles.css has no content.
|
Assosiasies | Page Sjabloon:Hlist/styles.css has no content.
|
Webwerf | blondie |
Lede | Debbie Harry Chris Stein Clem Burke Leigh Foxx Matt Katz-Bohen Tommy Kessler |
Gewese lede | Jimmy Destri Nigel Harrison Frank Infante Gary Lachman |
Blondie is 'n Amerikaanse rockgroep wat deur sanger Debbie Harry en kitaarspeler Chris Stein gestig is. Die groep was pioniers in die vroeë Amerikaanse new wave- en punk-omgewing van die middel- tot laat-1970's. Hul eerste twee albums het sterk elemente van hierdie genres bevat, en hoewel hulle aanvanklik in die Verenigde Koninkryk en Australië hoofstroomsukses behaal het, is hulle in die Verenigde State as 'n ondergrondse musiekgroep beskou tot en met die vrystelling van Parallel Lines in 1978. In die daaropvolgende drie jare het die groep menige treffer-enkelspelers vrygestel, waaronder "Call Me", "Rapture" en "Heart of Glass", en het hulle bekendheid verwerf vir hul eklektiese mengsel van musikale style wat elemente van disco, pop, reggae en vroeë kletsrym ingesluit het.
Blondie het ná die vrystelling in 1982 van hul sesde ateljeealbum, The Hunter, ontbind. Debbie Harry het met gemengde resultate 'n sololoopbaan bly volg nadat sy 'n paar jaar vry geneem het om na haar lewensmaat Chris Stein, wat met 'n rare outo-immuniteitskwaal van die vel gediagnoseer is, om te sien. Die groep is in 1997 herstig en het opnuut sukses behaal met hul nommereen-treffer "Maria" in die Verenigde Koninkryk in 1999, presies 20 jaar ná hul eerste VK-nommereen-enkelspeler "Heart of Glass".
In die daaropvolgende jare het die groep regoor die wêreld getoer en opgetree. Hulle is in 2006 in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem. Blondie het tot op hede 40 miljoen plate verkoop en is steeds aktief. Die groep se tiende ateljeealbum, Ghosts of Download, is in 2014 uitgereik en hul elfde ateljeealbum, Pollinator, is op 5 Mei 2017 vrygestel.