Blouharpuis

Blouharpuis
In die Karoowoestyn- Botaniese Tuin, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Asterales
Familie: Asteraceae
Genus: Curio
Spesie:
C. ficoides
Binomiale naam
Curio ficoides
Curio ficoides (L.) & P.V.Heath (1999)
Sinonieme
  • Cacalia ficoides L.
  • Kleinia ficoides (L.) Haw.
  • Senecio ficoides (L.) Sch.Bip.

Sources: IPNI,[1] AFPD[2]

Die blouharpuis (Curio ficoides, sinoniem met Senecio ficoides), in Engels bekend as die flat-leaved senecio, is 'n vetplantspesie in die genus Curio (Asteraceae), wat inheems is aan Suid-Afrika.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]
Die spreidende, klouterende vorm
Nabyskoot van bloeiwyses en blomhofies

'n Spreidende vetplant, wat meer as 1 meter hoog kan groei. Die bros, sukkulente takkies werp hul laer-groeiiende blare af. Die blare is blougroen tot blougrys, gepruïneer, sukkulent, orent, spits en sywaarts afgeplat, met deursigtige lyne wat weerskante afloop. Die blomhofie is sonder straalblomme, en word aan 'n eindstandige, vertakkende bloeiwyse gedra.

Verwante

[wysig | wysig bron]

Die blouharpuis is poliploïed (2n=100). Die spesie se naaste verwante is egter Curio repens, Curio radicans, Curio herreanus en Curio hallianus, wat oor 'n wisselende getal chromosome beskik. Dit word maklik met Curio talinoides verwar, aangesien dié 'n vergelykbare groeivorm het. Die blare van C. talinoides is egter silindries, en rond in deursnit. In teenstelling is die blare van C. ficoides meestal redelik lemvormig en sywaarts afgeplat.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Sjabloon:IPNI
  2. "Senecio ficoides (L.) Sch.Bip. rekord nr 98122". African Plants Database. Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteit-instituut, Conservatoire et Jardin botaniques de la Ville de Genève en Tela Botanica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2013. Besoek op 24 Mei 2008.
  3. G. Rowley (1994). Succulent Compositae: A Grower's Guide to the Succulent Species of Senecio & Othonna. Strawberry Press. ISBN 0912647124, 9780912647128

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]