B-50 Superfortress | |
---|---|
Tipe | Strategiese bomwerper |
Vervaardiger | Boeing |
Nooiensvlug | 25 June 1947 |
Vrygestel | 1948 |
Onttrek | Maart 1965 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Lugmag |
Vervaardig | 1947–1953 |
Aantal gebou | 370 |
Eenheidskoste | VS $1,144,296 teen huige dollarwaarde)[1] |
Ontwikkel van | Boeing B-29 Superfortress |
Weergawes | Boeing C-97 Stratofreighter |
Die Boeing B-50 Superfortress strategiese bomwerper is 'n na-Tweede Wêreldoorlogse hersiening van die Boeing B-29 Superfortress, toegerus met kragtiger Pratt & Whitney R-4360 radiale enjins, 'n sterker struktuur, 'n langer stertvin, en ander verbeterings. Dit was die laaste suierenjin-bomwerper deur Boeing ontwerp en gebou vir die Amerikaanse Lugmag. Dit is nie so goed bekend as sy direkte voorganger nie, maar die B-50 was vir byna 20 jaar in die Amerikaanse Lugmag se diens.
Na hul primêre diens met die Strategiese Lugkommandement geëindig het, is B-50 vliegtuie omgebou na lugtenkers vir die Taktiese Lugkommandement (KB-50), en as weerverkenningsvliegtuig (WB-50) vir die Lugmag se weerdiens. Beide die tenker- en orkaanjagterweergawes is in Maart 1965 uit diens onttrek weens metaalmoegheid, en roes is ook gevind aan die wrak van KB-50J 48-065, wat op 14 Oktober 1964 neergestort het.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |