Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Bulgarye |
Koördinate | 42°30′N 27°28′O / 42.500°N 27.467°O |
Stigting | |
Oppervlak: | |
- Totaal | 253,644 km² |
Hoogte bo seevlak | 209 m |
Bevolking: | |
- Totaal (15 Maart 2011) | 232 264 |
- Bevolkingsdigtheid | 915,7/vk km |
Tydsone | UTC+2 |
- Somertyd | UTC+3 |
Burgemeester | Dimitar Nikolow |
Amptelike Webwerf | burgas.bg |
Boergas (Bulgaars: Бургас) is met 'n bevolking van 232 264[1] die vierde grootse stad in Bulgarye. Boergas dien as administratiewe setel van die gelyknamige provinsie en munisipaliteit. Met sy seehawe - die grootste in die land - en 'n verskeidenheid nywerhede is Boergas die ekonomiese, kulturele en politieke spilpunt van Bulgarye se suidooste. Sy ligging aan 'n aantreklike baai van die Swartsee, met sandstrande, mere en natuurbewaringsgebiede in sy onmiddellike omgewing, maak van Boergas een van die belangrikste vakansiebestemmings in Bulgarye.