Boetsja Буча | |
---|---|
City | |
Boetsja stadpark | |
Land | Oekraïne |
Oblast | Kijif |
Raion | Boetsja |
Oppervlak | |
• Totaal | 26,57 km2 (10,26 vk. myl) |
Bevolking (2021) | |
• Totaal | 36 971 |
• Digtheid | 1 400/km2 (3 600/vk. myl) |
Skakelkodes | +380 4597 |
Webwerf | www![]() |
Boetsja (Oekraïens: Буча, Oekraïens uitspraak: [ˈbut͡ʃɐ]) is 'n stad in die Oekraïne se Kijif-oblast. Die bevolking is ongeveer 36 971 (2021 geraam). Boetsja-dag word op 13 September in die stad gevier.
Die nedersetting het ontstaan met die bou van die Kijif-Kovel-spoorlyn in 1898 rondom 'n klein treinhalte by Boetsjarivier. Boetsja was 'n treinhalte van die Kijif-Kovel-spoorlyn soortgelyk aan een in die moderne stad Irpin. In die nabyheid van die Boetsja-treinhalte was daar 'n klein dorpie genaamd Yablunka, waar daar vroeër 'n baksteenfabriek was. Yablunka word in die 19de eeuse Poolse Geografiese woordeboek genoem as die dorpie Jabłonka 37 verst weg van Kijif.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog, voor die bevryding van Kijif van Nazi-magte in Desember 1943, was Boetsja die ligging van die hoofkwartier van die 1ste Oekraïense Front onder bevel van Generaal Vatutin.[1]
Boetsja is op 9 Februarie 2006 stadstatus verleen (voorheen was Boetsja 'n dorp binne die Irpin-stadsmunisipaliteit.[2]
Tydens die 2022 Russiese inval in die Oekraïne, het hewige gevegte in Boetsja plaasgevind as deel van die Kijif-offensief, wat ernstige Russiese verliese tot gevolg gehad het.[3] Die stad is op 12 Maart deur Russiese magte ingeneem. Burgemeester Anatoliy Fedoruk het op 31 Maart 2022 die herowering van Boetsja deur Oekraïense magte aangekondig.[4]
Op 7 April het die Russiese media Meduza 'n hommeltuig-video gepubliseer wat van 23 tot 30 Maart 2022 in Boetsja geneem is, wat bewys dat mense tydens die besetting van die dorp deur die Russe vermoor is.[5]
Sien hoofartikel: Slagting van Boetja
Op 2 April 2022 het nuusberigte en video verskyn wat die strate in Boetsja wys wat bedek is met die liggame van mans geklee in burgerlike klere. Van die wat gevind is, se hande is vasgebind.[6] Onder die vermoordes was vroue en kinders. Volgens eerste skattings is ten minste 280 liggame gevind.[7]
Op 7 April het die burgemeester van Boetsja, Anatoly Fedoruk, berig dat byna 90% van die dooie inwoners koeëlwonde gehad het, nie skrapnelwonde nie.[8]
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
{{cite web}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)