Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Bokrambossie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | S. pinnata
|
Binomiale naam | |
Schkuhria pinnata (Lam.) Kuntze ex Thell.
| |
Sinonieme | |
|
Die bokrambossie (Schkuhria pinnata (Lam.) Kuntze ex Thell.) is 'n plant wat uitheems aan Suid-Afrika is.[2] Dit is een van die onkruidspesies wat in mielievelde voorkom.[3] Die oorspronklike voorkomsgebied is van Arizona in die Verenigde State, deur Meksiko en Sentraal-Amerika, Peru, Bolivië tot die noorde van Argentinië. Dit groei nou ook in Suider-Afrika, Kenia, die ooste van Australië, Japan, Spanje en Engeland.[4]
Dit is 'n eenjarige plant wat 70 cm hoog kan word. Dit het talle klein geel blommetjies, en die regop stammetjies kan houtig word. In Peru word dit deur die Ketsjwa-sprekende bevolking van die Andes Canchalagua genoem. Hulle gebruik is as medisinale kruid teen talle kwale.[5] Dit word ook in Suid-Afrika teen diabetes gebruik, maar navorsing het aangetoon dat asetoonekstrakte toksies is.[6]
{{cite web}}
: Ontbrekende of leë |title=
(hulp)