Bokuintjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Moraea |
Spesie: | M. setifolia
|
Binomiale naam | |
Moraea setifolia (L.f.) Druce
| |
Sinonieme | |
Die bokuintjie (Moraea setifolia (L.f.) Ker Gawl.) is 'n geofiet wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom veral in die Wes-Kaap voor, maar ook in die Noord- en Oos-kaap.[2] Dit kom as uitheemse plant in Australië[3] en Nieu-Seeland[4] voor.
Hierdie plant vorm bolle en is bladwisselend. Dit word 20 cm groot en het lang smal blare wat diepgroen van kleur is. Die blomme is ligpers en het 'n heldergeel tekening in die middel. Hulle groei op lang, regop stingels.[5]