Bonang Matheba | |
![]() | |
Bonang Matheba (links) en Jennifer Su in 2013
| |
Alias | Queen B* |
---|---|
Geboorte | 25 Junie 1987 Mahikeng |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | TV en radio-aanbieder, sakevrou |
Aktiewe jare | 2002– |
Webwerf | http://bonangmatheba.com |
Bonang Matheba (* 25 Junie 1987, Mahikeng)[1] is 'n Suid-Afrikaanse TV-aanbieder, radiopersoonlikheid en sakevrou. Sy is veral bekend vir haar aanbieding van die gewilde SABC 1-musiekprogram "Live Amp" (voorheen bekend as "Live").
Sy is tans 'n aanbieder op SABC 3 se TV-tydskrifprogram Top Billing.[2] Sy is ook 'n omroeper van die radioprogram "The Front Row"[3] op die SABC-radiostasie Metro FM.
Op Sondagaand 13 Augustus 2023 was sy die gasvrou/aanbieder van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie se glansryke finaal en kroning by die SunBet-area te Time Square in Pretoria.