Bonanza | |
Akteurs wat in Bonanza gespeel het. | |
Genre | Westers |
---|---|
Geskep deur | David Dortort |
Met | Lorne Greene as Ben Pernell Roberts as Adam Dan Blocker as Hoss Michael Landon as Joe Victor Sen Yung as Hop Sing David Canary as Candy Mitch Vogel as Jamie Ray Teal as Sheriff Coffee Bing Russell as Deputy Foster Tim Matheson as Griff Lou Frizzell as Dusty Rhodes |
Temamusiekkomponis | Ray Evans Jay Livingston |
Openingstema | "Bonanza" |
Afsluitingstema | "Bonanza" |
Komponis(te) | David Rose Walter Scharf Harry Sukman Fred Steiner William Lava |
Oorsprong | Verenigde State |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 14 |
Aantal episodes | 431 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) | David Dortort Mark Roberts |
Vervaardiger(s) | Fred Hamilton |
Verspreider | NBC |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | NBC Films (1963–1973) National Telefilm Associates (1973–1986) Republic Pictures (1986-1997) Worldvision Enterprises (1997–1999) Paramount Domestic Television (1999-2006) CBS Paramount Domestic Television (2006-2007) CBS Television Distribution (2007-hede) |
Beeldformaat | NTSC |
Klankformaat | Mono |
Eerste lopie | 12 September 1959 – 16 Januarie 1973 |
Kronologie | |
Opgevolg deur | Ponderosa |
Bonanza is 'n Amerikaanse TV-reeks van die 1960's wat vir etlike jare gebeeldsend is. Dit gaan oor ’n gesin op ’n veeplaas ("ranch") in die Wilde Weste.[1] Die reeks is van 12 September 1959 tot en met 16 Januarie 1973 oor veertien seisoene en 430 episodes in Amerika uitgesaai. Dit is ook in tale ander lande, onder andere in Suid-Afrika, gebeeldsend.
Die stories speel in ongeveer 1860 in Amerika af en handel oor die wel en wee van die Cartwright-familie. Die familie bestaan uit 'n pa met sy drie seuns (elkeen van 'n ander ma). Die pa was lief vir vroue, maar kon nie lank met hulle uithou nie. Hulle het saam op die veeplaas Ponderosa geboer.
Ben (die 'pa') Cartwright, gespeel deur die Kanadese akteur Lorne Greene, is die hoof van die gesin. Sy seuns was Adam (Pernell Roberts), Eric, beter bekend as Hoss (Dan Blocker) en Little Joe (Michael Landon). 'n Ander belangrik figuur in die reeks was die Chinese kok Hop Sing (Victor Sen Yung).
In 1965 verlaat Pernell Roberts die reeks, waarna die program se gewildheid begin taan. Die kyksyfers tel weer op toe David Canary in die rol van voorman Candy Canaday by die groep aansluit. Hy maak sy debuut in 1967 in episode 271 (Sense Of Duty). Nadat Dan Blocker in 1972 skielik oorlede is, het die reeks ten einde geloop. Die program verdwyn geruisloos van die kassie. Van die episodes is tans in die publieke domein.