Boomkreef | |
---|---|
![]() | |
Lewendige monster | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Arthropoda |
Klas: | Insecta |
Orde: | Phasmatodea |
Familie: | Phasmatidae |
Subfamilie: | Phasmatinae |
Tribus: | Phasmatini |
Genus: | Dryococelus Gurney, 1947 |
Spesie: | D. australis
|
Binomiale naam | |
Dryococelus australis (Montrouzier, 1855)
|
Die boomkreef (Dryococelus australis) (en) : Lord Howe Island stick insect of tree lobster,[2] is 'n uiters skaars en kritiek bedreigde stokinsek van die Australiese Lord Howe-eilandgroep.
Die sespotige boomkreef word tot 15 cm groot (wyfies is effens groter as mannetjies) met 'n massa van tot 25 gram. Daar was vermoed dat hulle in 1920 uitgesterf het. In 2001 egter, is op Ball se Piramiede, 'n hoë rots aan die kus van die Lord Howe-eiland, 'n kolonie van 24 boomkrewe aangetref.
Die insek het vroeër algemeen op Lord Howe-eiland voorgekom, waar die plaaslike bevolking die diertjies onder meer gebruik het as vis-aas, maar hulle verdwyn gou nadat daar in 1918 van die skeepswrak van die SS Makambo 'n plaag swart rotte vrygekom het.
In 2003 is met vier van die rotsafkomstige eksemplare van Dryococelus australis 'n teelprogram begin, met die doel om die nageslag uiteindelik uit te plaas op Lord Howe-eiland, nadat al die rotte uitgeroei is. In 2008 is 20 boomkrewe wat in ballingskap geteel is, in 'n spesiale habitat op die eiland uitgeplaas. [3]