Boris Becker in 2007 | ||
Volle naam | Boris Franz Becker | |
---|---|---|
Bynaam | Boom Boom Die Leeu van Leimen | |
Land | Wes-Duitsland (1984–1990) Duitsland (sedert 1990) | |
Woonplek | Schwyz, Switserland | |
Geboortedatum | 22 November 1967[1] | |
Geboorteplek | Leimen, Wes-Duitsland[1] | |
Lengte | 1,91 m[1] | |
Gewig | 85 kg[1] | |
Afrigter | Günther Bosch (1976–87) Ion Țiriac (1984–93) Bob Brett (1987–91) Tomáš Šmíd (1991–92) Eric Jelen (1992, 1993) Günter Bresnik (1992–93) Nick Bollettieri (1993–95) Mike De Palmer (1995–99)[1] | |
Begin professioneel | 1984[1] | |
Afgetree | 25 Junie 1999[1] | |
Spelstyl | Regshandig (eenhandige handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $25 080 956 (soos op 18 Julie 2023)[1] (16de van alle tye)[2] | |
Int. Tennisheldesaal | 2003 (ledeblad) | |
Amptelike webblad | www.borisbecker.com | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 713–214 (76,91%)[1] | |
Loopbaantitels | 49[1] | |
Hoogste rang | No. 1 (28 Januarie 1991)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | W (1991, 1996) | |
Franse Ope | HE 1987, 1989, 1991) | |
Wimbledon | W (1985, 1986, 1989) | |
VSA-Ope | W (1989) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | W (1988, 1992, 1995) | |
Olimpiese Spele | 3R (1992) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 254–135 (65,3%)[1] | |
Loopbaantitels | 15[1] | |
Hoogste rang | No. 6 (22 September 1986)[1] | |
Australiese Ope | KE (1985) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
Olimpiese Spele | Goue Medalje (1992) |
Boris Franz Becker (Duits: [ˈbɔʁɪs ˈbɛkɐ]; gebore op 22 November 1967 in Leimen, Wes-Duitsland) is 'n voormalige Duitse tennisspeler. Op 17-jarige ouderdom het hy geskiedenis gemaak as die jongste persoon wat nog Wimbledon se enkelspelkampioenskap kon wen.[3] Hy was ses keer 'n Grand Slam-enkelspelkampioen en ook 'n Olimpiese gouemedaljewenner.
Ná Becker se eerste oorwinning as ongekeurde speler in 1985 het hy in 1986 weer die Wimbledon-titel gewen. Hy het Wes-Duitsland ook gehelp om hulle eerste Davisbeker in 1988 in te palm. In 1989 het hy Wimbledon, die Amerikaanse Ope en 'n tweede Davisbeker gewen.
In 1991 het Becker die Australiese Ope gewen en so die nommer een posisie op die wêreldranglys gehaal. In 1992 het hy Jim Courier in skoon stelle verslaan om die ATP-wêreldtitel. Sy finale Grand Slam-titel was in 1996, toe hy Michael Chang in vier stelle tydens die Australiese Ope geklop het.
In sy loopbaan het Becker 49 enkelspel- en 15 dubbelspeltitels gewen. Hy word onder andere onthou vir sy wedywering met spelers soos Ivan Lendl, Stefan Edberg en Michael Stich.
Vandat hy as professionele tennisspeler uitgetree het, het sy mediawerk en persoonlike lewe hom in die kollig gehou. Hy was tussen 2013 en 2016 die Serwiese tennisspeler Novak Djokovic se afrigter.[4]
In Junie 2017 het 'n hof in Londen Boris Becker bankrot verklaar. In April 2022 is Becker tot twee en 'n half jaar tronkstraf gevonnis omdat hy 2,5 miljoen euro van sy kurator teruggehou het ná sy bankrotskap in 2017.[5][6][7][8][9][10]
Die tabel toon Becker se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:
Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA-Ope |
---|---|---|---|---|
1984 | Kwarteindstryd | Nie deelgeneem nie | Ronde 3 | Nie deelgeneem nie |
1985 | Ronde 2 | Ronde 2 | Wenner | Ronde 4 |
1986 | Nie deelgeneem nie | Kwarteindstryd | Wenner | Halfeindstryd |
1987 | Ronde 4 | Halfeindstryd | Ronde 2 | Ronde 4 |
1988 | Nie deelgeneem nie | Ronde 4 | Eindstryd | Ronde 2 |
1989 | Ronde 4 | Halfeindstryd | Wenner | Wenner |
1990 | Kwarteindstryd | Ronde 1 | Eindstryd | Halfeindstryd |
1991 | Wenner | Halfeindstryd | Eindstryd | Ronde 3 |
1992 | Ronde 3 | Nie deelgeneem nie | Kwarteindstryd | Ronde 4 |
1993 | Ronde 1 | Ronde 2 | Halfeindstryd | Ronde 4 |
1994 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Halfeindstryd | Ronde 1 |
1995 | Ronde 1 | Ronde 3 | Eindstryd | Halfeindstryd |
1996 | Wenner | Nie deelgeneem nie | Ronde 3 | Nie deelgeneem nie |
1997 | Ronde 1 | Nie deelgeneem nie | Kwarteindstryd | Nie deelgeneem nie |
1998 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie |
1999 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | Ronde 4 | Nie deelgeneem nie |