'n Botnet is 'n aantal rekenaars wat aan die Internet gekoppel is en met ander soortgelyke rekenaars kommunikeer om hulle optrede deur bevel en beheer (B&B) te koördineer. Botnets word dikwels gebruik om gemorspos of plapos te versprei, of om kuberaanvalle te loods. Die woord botnet is 'n versmelting van die woorde robot en netwerk en word gewoonlik gebruik met 'n negatiewe of kwaadwillige konnotasie.