Brasiliaanse glorie-ertjie Rooikeurtjie | |
---|---|
![]() | |
![]() | |
Groeivorm en bloeiwyses in Pretoria | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | Sesbania punicea
|
Binomiale naam | |
Sesbania punicea (Cav.) Benth., (1859)
|
Die Brasiliaanse glorie-ertjie (Sesbania punicea) is 'n indringerplant en klein boompie of struik wat inheems is aan die suide van Brasilië, Uruguay en die noordooste van Argentinië.
Die boom is klein en word nie groter as 4 m nie. Dit groei op spruit- en rivieroewers. Die boom het donkergroen, neerhangende, saamgestelde blare. Die blomme is ertjievormig en is helderrooi of helderoranje. Dit word deur heuningbye en suikerbekkies bestuif. Die peule is langwerpig met vier vlerkies en word versprei deur waterstrome.