Brasiliaanse korthaarkat | ||||
Land | Brasilië | |||
Ontstaan | Natuurlik | |||
Soort lyf | Sterk, maar elegant | |||
Pels | Kort | |||
Patroon | Alle | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Die Brasiliaanse korthaarkat (Portugees: Gato Pêlo Curto Brasileiro; Engels: Brazilian Shorthair) is die eerste katras van Brasilië wat internasionaal erken word.
Die kat se oorsprong kan teruggespoor word na die strate van Brasilië. Toe die Portugese omstreeks 1500 vir die eerste keer in Brasilië voet aan wal gesit het, het hulle katte met hulle saamgebring wat van die Iberiese kat (Felis iberia) afstam. Dié katte het oor 500 jaar met plaaslike Brasiliaanse katte geteel en so het dié nuwe ras ontstaan.
Eers in die 1980's het ’n Brasiliaans-gebore ingenieur en katteler, Paulo Samuel Ruschi, wat nou in New York woon, reëls begin vasstel vir die teel van die katte.
Die Brasiliaanse korthaarkat is van gemiddelde grootte en baie beweeglik. Dit het ’n slank, elegante voorkoms. Die pels is kort en blink en bestaan uit net een laag; dit kan verskeie kleure en patrone hê. Die katte het ronde, gevoelvolle oë.