| |||||||
Gestig | 31 Maart 1974 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Bedryfsbasisse | Lughawe Londen-Heathrow Lughawe Londen-Gatwick | ||||||
Lojaliteitsprogram | Executive Club | ||||||
Alliansie | Oneworld | ||||||
Subsidiêre | BA CityFlyer Open Skies British Airways Limited British Airways World Cargo | ||||||
Vlootgrootte | 295 | ||||||
Bestemmings | 183 | ||||||
Houermaatskappy | International Airlines Group | ||||||
Sitkamer | Concorde Room Galleries First Galleries Club/Galleries Lounge Galleries Arrivals First Lounge Terraces Lounge Executive Club Lounge British Airways Lounge | ||||||
Hoofkantoor | Waterside, Harmondsworth, Engeland | ||||||
Sleutelpersone | Keith Williams (hoof uitvoerende beampte en voorsitter) | ||||||
Omset | £11,421 miljard (2013) | ||||||
Werknemers | 38 592 | ||||||
Webwerf | britishairways.com |
British Airways PLC (kort BA) is die grootste lugredery in die Verenigde Koninkryk wat in April 1974 met die samesmelting van British Overseas Airways Corporation (BOAC, gestig in 1939), British European Airways (BEA, gestig in 1946) en hul dogtermaatskappye gevorm is. BA is oorspronklik as staatsonderneming bedryf en in 1987 geprivatiseer.[1]
BA se belangrikste dogtermaatskappye sluit British Airways Associated Companies (wat plaaslike en streekslugrederye asook hotelle bestuur) en British Airways World Cargo, 'n verskaffer van verskeie pos-, koerier- en vragdienste, in. Die lugredery se hoofkwartier is naby Heathrow-lughawe in Harmondsworth in die Londense borough Hillingdon gesetel.
Die vloot van British Airways bestaan in Desember 2016 uit 268 vliegtuie, plus 73 op bestelling.[2]
Vliegtuigtipe | Aktief | Bestellings | Notas |
---|---|---|---|
Airbus A318-100 | 2 | Bedryf deur British Airways Ltd | |
Airbus A319-100 | 44 | ||
Airbus A320-200 | 68 | ||
Airbus A321-200 | 18 | ||
Airbus A350-1000 | 18 | ||
Airbus A380-800 | 12 | ||
Boeing 747-400 | 36 | Word uitgefaseer. BA bedryf tans die grootste Boeing 747-makrostralervloot ter wêreld. | |
Boeing 757-200 | 3 | Uitverhuur aan OpenSkies | |
Boeing 767-300 | 7+1 | Een uitverhuur aan OpenSkies | |
Boeing 777-200 | 46 | ||
Boeing 777-300 | 12 | ||
Boeing 787-8 | 8 | ||
Boeing 787-9 | 16 | ||
Boeing 787-10 | 12 | ||
Totaal | 268 | 73 |