Brongitis | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
ICD-10 | J20-J21, J42 | |
ICD-9 | 466, 491, 490 | |
MedlinePlus | 001087 | |
eMedicine | article/807035article/297108 | |
MeSH | D001991 | |
Mediese waarskuwing |
Brongitis is 'n ontsteking van die brongi, of die ietwat groter lugweë tussen die lugpyp en die alveoli. Daar kan tussen akute en chroniese brongitis onderskei word. Akute brongitis ontwikkel dikwels na 'n verkoue of griep. Chroniese brongitis word gekenmerk deur die teenwoordigheid van 'n slymproduserende hoes vir meer as drie maande per jaar of vir twee opeenvolgende jare met geen onderliggende siekte om die hoes te verklaar nie. Mense met chroniese brongitis het ook in verskillende mate asemhalingsprobleme. Hierdie mense het gereeld infeksies of ontstekings in hul longe wat hul asemhalingsprobleme vererger. Chroniese brongitis kan gepaard gaan met chroniese lugwegobstruksie (lugwegvernouing). Chroniese brongitis kan dikwels met asma of emfiseem geassosieer word en is daarom dikwels moeilik om van asma en emfiseem te onderskei. Chroniese brongitis is 'n vorm van brongitis wat nie weggaan nie en hoofsaaklik deur rook veroorsaak word. Saam met pulmonale emfiseem val dit onder die opskrif van Chroniese Obstruktiewe Pulmonêre Siekte (COPD).
Brongitis kan veroorsaak word deur virusse, bakterieë en allergiese of nie-spesifieke stimuli soos rook.
As die alveoli ook of hoofsaaklik aangetas is, praat ons van longontsteking.
Die gepaardgaande klagtes is hoofsaaklik hoes, oormatige produksie van slym, dikwels kortasem, 'n piepende geluid uit die longe, jeuk onder die ken, 'n bloedsmaak in die mond en (in geval van infeksie met virusse en bakterieë) ook koors.
Die beste behandeling hang af van die oorsaak. Antibiotika is nuttig in bakteriële infeksies. Die belangrikste moontlike patogene moet dan in ag geneem word. Die behandeling wat gegee moet word, verskil dus baie met die omstandighede, met die land, en met moontlike spesifieke kontraindikasies van die pasiënt (allergieë). Die verhoogde prikkelbaarheid van die slymvlies kan behandel word deur kortikosteroïede te gee, gewoonlik deur inaseming, soms mondelings. In die geval van kortasem as gevolg van lugwegvernouing, kan brongodilators, weer gewoonlik deur inaseming, nuttig wees. Om koors met parasetamolis te beveg is nie medies nodig nie. As daar 'n duidelike allergiese komponent is, kan antihistamiene of massel-degranulasie-inhibeerders gebruik word.[1][2][3][4][5][6][7][8][9][10]