Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Brookesia nana | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Reptilia |
Orde: | Squamata |
Suborde: | Iguania |
Familie: | Chamaeleonidae |
Genus: | Brookesia |
Spesie: | B. nana
|
Binomiale naam | |
Brookesia nana |
Brookesia nana, is 'n spesie van verkleurmannetjie wat endemies is aan bergagtige reënwoud in die noorde van Madagaskar.[2] Dit was beskryf in 2021, en dit kan moontlik die kleinste reptiel ter wêreld wees.[1] Dit is 'n vlekagtige bruin kleur en die volwasse mannetjie meet net 22 mm lank, en die vroutjie 29 mm.[1][3] Anders as meeste ander verkleurmannetjies, verander dit nie van kleur nie en dit woon nie in bome in die bos nie, maar verkies die bosbodem. Soos ander Brookesia species, is die vroutjies gewoonlik groter as die mannetjies. Dit is 'n raaisel waarom dit so klein is as ander gewerwelde diere groei soos hulle volwasse word.[4]
Die spesie is in 2021 deur herpetoloog Frank Glaw en ander Duitse navorsers in die reënwoud op die Sorata-massief in die noorde van Madagaskar ontdek. Dit is waarskynlik dat die spesie bedreig word as gevolg van ontbossing in Madagaskar.[4]
{{cite news}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)