Die Bruidsluierwaterval is in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is 146m[1] hoog en so genoem as gevolg van die waterval se voorkoms. Dit is net buite Sabie en is bereikbaar per motor, met 'n parkeer- en piekniekarea op SAFCOL se gronde. Vandaar loop 'n maklike voetpaadjie deur natuurskoon vir ongeveer 1.25 km (15 minute se stap) direk tot by die waterval se poel.