Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Suid-Korea |
Streek | Yeongnam |
Koördinate | 35°10′N 129°04′O / 35.167°N 129.067°O |
Stigting | 757 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 770,04 vk km |
Hoogte bo seevlak | m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 3 411 829 |
- Bevolkingsdigtheid | 4 400/vk km |
Tydsone | UTC +9 (KST) |
Burgemeester | Park Heong-joon |
Amptelike webwerf | busan.go.kr |
Busan (Koreaans: 부산광역시) is die tweede grootste stad naas die hoofstad Seoel in die suide van Suid-Korea en is in die suide van die Koreaanse Skiereiland aan die See van Japan geleë. Busan is die belangrikste hawestad van Suid-Korea en het 'n reuse houerterminaal. Busan is sterk geïndustrialiseer.
Busan lê aan die Nakdongrivier, oos van die berg Kumjung. Dié stad het 'n bevolking van 3,4 miljoen in 2020 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 770,04 km². Busan lê in die provinsie Suid-Gyeongsang, maar is 'n onafhanklikbestuurde gebied.
Die berg Kumjung, wes van Busan, is 'n gewilde daguitstappie vir die stad se inwoners. 'n Drukbesoekte strand is die Haeundae-strand.
In die noorde van Busan is die Nasionale Universiteit van Busan. Rondom die universiteit is daar kafees, kroeë en restaurante. Die Chalgalchi-mark by die hawe is bekend vir sy vars vis en ander seekos. Die mark is in 'n gebied met smal straatjies.
Busan was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 wat Japan en Suid-Korea saam aangebied het. Die stad het sy bod vir die Olimpiese Somerspele 2020 op 14 November 2005 aangekondig, maar het uiteindelik teen Tokio verloor.[1]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Busan. |